Bid vir Egipte

Op 19 Mei het ’n bom langs die pad dig by ’n toerbus naby Egipte se piramides ontplof en 17 mense is beseer (insluitende Suid-Afrikaners en Egiptenare). Gelukkig is geen sterftes aangemeld nie. ’n Paar maande gelede, in Desember 2018, is drie Viëtnamese vakansiegangers en hul Egiptiese gids dood toe ’n bom langs die pad by hulle bus ontplof het; ook naby die piramides. Geen groep het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

Onstabiliteit binne die land het ’n negatiewe invloed op alle aspekte van die samelewing, insluitende die lewendige Egiptiese Kerkgemeenskap (ongeveer 10% van die bevolking).

Bid asseblief saam vir ons broers en susters in die Here Jesus in Egipte, en vir die owerhede wat poog om hul nasie ’n veiliger plek te maak.

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Aankondiger Week 19

Posted in Aankondiger | Leave a comment

Aankondiger week 18

Posted in Aankondiger, Uncategorised | Leave a comment

Bid vir Burkina Faso

Op Sondag 12 Mei het ’n groep van 20-30 gewapende mans ’n Katolieke kerk in Dablo in die noorde van Burkina Faso aangeval en ses mense (insluitende die priester) doodgeskiet. Dit was die derde aanval op ’n kerk in vyf weke in dié Wes-Afrik-land (een aanval was op ’n Protestantse kerk en die ander een op nog ’n Katolieke kerk). Na die skietery is die kerk en ander geboue in Dablo aan die brand gesteek.
Burkina Faso, met ’n bevolking van 55-60% Moslems en 20-25% Christene, het ’n geskiedenis van verdraagsaamheid en godsdienstige groepe wat in vreedsaamheid saam woon. Daar is egter sedert 2016 ’n toename in jihadistiese geweld. 
Bid asseblief saam met ons vir die Kerk en die mense van Burkina Faso en die wyer streek.

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Aankondiger Week 17

Posted in Aankondiger | Leave a comment

Bid vir Nasies: Ramadan

Op 6 Mei het Moslems regoor die wêreld met hul nakoming van Ramadan, wat as die heiligste maand op die Islamitiese kalender beskou word, begin. Gedurende hierdie tyd, vas Moslems van kos en drank tussen sonop en sonsondergang en verhoog hulle hul godsdienstige fokus. Die doel hiermee is om die siel te reinig, geestelike belonings te kry en meer bewus van hulle God (Allah) te raak.

Baie Moslems wat hul tot die Christendom bekeer het, berig dat hulle drome en visioene van Jesus gedurende Ramadan gehad het. Om hierdie rede fokus baie Christene daarop om vir die Moslem-wêreld gedurende hierdie tyd te bid. Sommige Christene nooi hul Moslemvriende, -kollegas of -bure vir aandete om die vas te breek.

Bid asseblief saam met ons vir die Moslem-wêreld gedurende Ramadan

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Aankondiger Week 16

Posted in Aankondiger | Leave a comment

Bid vir Suid-Afrika

Baie Suid-Afrikaners word geteister deur vrees en hopeloosheid, maar dit hoef nie die geval te wees nie. Volgens Joshua-project beskou amper 78% van Suid-Afrikaners hulself as Christene (21.3% evangelies). Die Skrif moedig gelowiges aan om moedig te wees en om instrumente van genesing en versoening in die land waar die Here hulle geplaas het, te wees. Dit is belangrik om te bid dat die Here leiers sal aanstel wat deur geloof leef en die toekoms vanuit God se perspektief, nie vanuit die wêreld se perspektief sien nie.

Bid asseblief saam met ons vir Suid-Afrika

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Aankondiger week 15

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Bid vir Sri Lanka

Posted in Uncategorised | Leave a comment