Aankondiger 24/11/19

Aankondiger 2019-11-24

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Kerssangdiens 24 November 2019

Die Kerssangdiens is Sondag 24 November om 09h00.  Kom ons deel in die atmosfeer van die feesseisoen deur Sondag iets rooi, groen of wit aan te trek kerk toe.


Posted in Uncategorised | Leave a comment

Bid vir die Nasies: Soedan

Bykans ’n miljoen van die 11 miljoen mense in Suid-Soedan word deur verwoestende oorstromings geraak is en hulle benodig dringend lewensreddende hulp. Die regering het ’n noodtoestand aangkondig en doen ’n beroep op wêreldmagte vir verhoogde internasionale steun om hulle te help om hierdie erge natuurramp, te hanteer.

Tienduisende mense het hul huise verloor en bly in tydelike skuilings. Dorpe en kleiner gemeenskappe is totaal verswelg deur die stygende water, te midde van stygende kommer oor die moontlike uitbreek van siektes en hongersnood. Selfs vóór die onlangse oorstromings, was daar beraam dat 4.5 miljoen mense, tussen September en die einde van die jaar, nie sou weet waar hul volgende maaltyd vandaan sou kom nie. Die getal kan in die nuwe jaar verder klim, vanweë die stortreëns. 

Bid asseblief vir Suid-Soedan – dat daar ’n uitstorting van medelye van ander lande en die wêreldwye Kerk sal wees, sodat duisende lewens gered kan word.

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Aankondiger 17/11/2019

Aankondiger 2019-11-17

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Aankondiger 10/11/2019

Aankondiger 2019-11-10

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Aankondiger 3/11/2019

Aankondiger 2019-11-03

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Gemeente-ete Sondag 10 November

Op Sondag 10 November om 12:00 eet ons as gemeente weer saam.  Bly sommer na kerk of kom vroeg om bietjie saam te kuier.  Onthou eie drinkgoed en eetgerei.  Kaartjies kos R50.00 en is beskikbaar by Susann in die kerkkantoor voor Woensdag 6 Nov on 12:00. Tel nr 012 664 6695. Almal baie welkom!

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Huis Gideon ‘n suksesvolle Aandmark

Saterdag 26 Okt het Huis Gideon ‘n suksesvolle Aandmark gehou. Rene en Martin en die kinders van Huis Gideon wil graag vir almal wat bydraes gemaak het, of op een of ander manier betrokke was, uit hul harte bedank!  Met ons gemeente se poedingtafel kon ons ook ‘n mooi bydrae lewer, baie dankie vir al die poedings, en vir die groot kontant bydrae wat ons kon oorbetaal! Met groot waardering!!!

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Aankondiger 27/10/19

Aankondiger 2019-10-27

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Bid vir die Nasies: Libanon

Op Sondag 20 Oktober het Libanon se eerste minister, Saad al-Hariri op ’n reeks hervormings met regeringsvennote ooreengekom om ’n ekonomiese krisis, wat landswye protesoptrede tot gevolg gehad het, te verlig. Die betogings het ten doel om die regerende elite, wat beskou word as deurspek met korrupsie en nepotisme, te ontsetel. Betogings het dwarsdeur die land geleidelik uitgedy.

Libanon het per capita die grootste hoeveelheid Christene van al die Midde-Oosterse lande en is na raming so hoog as 40%.

Bid asseblief saam vir Libanon, gelowiges se oë op Jesus sal vestig gedurende hierdie onsekere tye

Posted in Uncategorised | Leave a comment