Aankondiger 15/3/20

Aankondiger 2020-03-15

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Yoti – Die Griekse Boertjie

Yoti die Griekse Boertjie kom vier sy 50se jaar in die musiekbedryf Saterdag 28 Maart 2020 om 09:00 by ons, NG Gemeente Lyttelton Noord. Dit gaan n besondere geleentheid wees teen ‘n baie billike R60 pp. Kerrie-en-rys en pannekoek sal te koop aangebied word.  Glo almal wat van sang en musiek hou sal by ons aansluit.

Yoti die Griekse Boertjie (gebore Panayoti Loizos[1]) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger wat vertonings in Afrikaans, Engels en Grieks aangebied het. Yoti is in Suid-Afrika gebore, maar sy ouers is van Siprus afkomstig. Sy lied, Die wit Angelier, wat hy self gekomponeer het, het vir drie weke die nommer een posisie op die Afrikaanse Treffers behou. Hy was ook deur die ATKV vereer vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.

https://af.wikipedia.org/wiki/Yoti_die_Griekse_Boertjie

 

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Bid Vir die Nasies: China

China is ‘n land waar Christene vervolg word – 23ste op die lys van lande waar die vervolging van Christene plaasvind.  Dis ook die land waar die Corona virus uitgebreek het (in die Wuhan omgewing) en nou oor die wêreld heen versprei.  Ten spyte van die krisis waarin die land is, gaan die regering voort om Christene en die kerk te vervolg.

Maar die Christene is nie ontmoedig nie.  Hulle stap in Wuhan rond en deel maskers en geestelike literatuur uit aan die mense wat hulle in die strate teëkom.  Hulle dra self ook maskers en so beskerm hulle hul identiteit.

In die tyd waar mense baie min hoop het, is die Christene – ons broers en susters – onstuitbaar in hulle liefde vir die Here en vir hulle mense.  Hulle deel die hoop wat daar in Jesus is, met despirate mense. EN die mense is baie ontvanklik vir die Evangelie.  Bid asb saam. (Bron:CBM Nuus)

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Aankondiger 3/3/2020

Aankondiger 2020-03-08

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Aankondiger 1/3/2020

Aankondiger 2020-03-01

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Aankondiger 23/2/2020

Aankondiger 2020-02-23

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Aankondiger 16/2/2020

Aankondiger 2020-02-16

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Gemeente Ete – 1 Maart 2020

Sondag 23 Februarie 202 vier die gemeente Nagmaal en die volgende Sondag 1 Maart is die Dankseggings-ete om 12:00.  Bly sommer na kerk of kom vroeg om bietjie saam te kuier.  Onthou eie drinkgoed en eetgerei.  Kaartjies kos R50.00 en is beskikbaar by Susann in die kerkkantoor teen Woensdag 26 Februarie 2020.  Tel nr 0126646695.  Almal baie welkom by hierdie skaapbraai!

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Opdatering van Lidmaatregister Projek

Daar het oor die jare baie foute by ons Lidmaatregister ingesluip wat die bestuur van inligting erg bemoelik. Die kerkraad versoek vriendelik dat elke huishouding vir ons een van die vorms, wat Sondae by die Kerk deure beskikbaar sal wees, so gou moontlik sal invul sodat ons ons Databasis op datum kan kry. Ons gaan die vorm ook per e-pos beskikbaar stel. U samewerking word hoog op prys gestel.

Baie dankie

Ernie

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Bid vir die Nasies: Australie

Posted in Uncategorised | Leave a comment