Masks for the Frontline

Omgee-Kerk en Doxa Deo Lyttelton Noord stel aan jou Masks for the Frontline voor. Masks for the Frontline, is ‘n COVID-19 masker projek. Jy word hiermee uitgenooi om te help maskers maak, ten einde die virus te beveg en verdere verspreiding van die virus te bekamp. Die maskers sal binne die gemeenskap van Lyttelton uitgedeel en versprei word.

Maak saam ‘n verskil in die gemeenskap  en bied jou hulp aan!

Hoe werk dit? Daar is 4 stappe hoe jy betrokke kan raak:

  • Kry die materiaal en die patroon en maak die maskers.

Indien jy nie materiaal het nie, kan jy by Adel materiaal kry. ‘n Uitgewerkte patroon, wat kan help vir die maak van die maskers, is reeds beskikbaar. Die patroon kan op die sosiale media platforms en op NG Kerk Lyttelton-Noordse webtuiste gevind word. Adel sal ook die patroon kan voorsien. Haar kontak nommer is:Adel Klerck: 076 890 0823

  •  Gebruik jou eie materiaal en maak maskers.

Katoenmateriaal kan gebruik word om die maskers mee te maak. Vir die rek van die maskers kan gewone broek rek gebruik word. Die rek kan by Dischem gekoop word. Materiaal skenkings sal baie waardeer word en kan by Adel afgelaai word. Sien kontaknommer hierbo.

  • Laai die voltooide maskers af.

Die maskers kan by drie plekke, insluitend winkelsentrums, afgelaai word. Plakkate wat aandui waar dit afgelaai kan word,sal by gekose winkelsentrums beskikbaar wees. Om fisiese kontak te voorkom, is voorlopig drie plekke geïdentifiseer waar die maskers afgelaai kan word. Die maskers kan in kratte by die volgende plekke ingegooi word:

  • Adel Klerck: 076 890 0823
  • Engen Petrolstasie, Hoek van Jean-& Rabiestraat, Lyttelton
  • Highlands Spar, Hoek van Glover-& Rabiestraat

 

 

  • Finansiële donasies vir materiaal is ook welkom.

Gebruik die volgende bankbesonderhede vir donasies.

NG Gemeente Lyttelton-Noord

FNB Centurion

Takkode: 261550

Rekening: 62784389796

Verwysing: Maskers

 

Vir enige verdere vrae kontak asb. vir Adel.

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Ds Gideon se Preek 19/04/2020

Geloof is om telkemale vreugde te vind in die werke van God. Hou moed Ék het die wêreld oorwin het Jesus gesê!

Kliek op die onderstaande skakel om na die preek te luister

https://youtu.be/F6x31LC1Uxg

 

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Ds Gideon Preek 12/04/2020

Die graf is leeg, Hy het waarlik opgestaan.

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Ignite – Opstandings Sondag – Andreas

Ons moet partykeer die kamera draai en na onsself kyk en besef God het alles vir ons gedoen. Hy is ook in die kamera foto, ons is nie alleen nie. Miskien voel jy alleen in hierdie tyd of is op ‘n slegte plek, weet dat die Sondag het Jesus opgestaan. Jy is nie alleen nie, more skyn die son en is nog ‘n dag saam met Jesus.

Posted in Jeug | Leave a comment

Ignite – Chris Pizza Love

Ek en jy ervaar God se liefde by die Kruis. God se liefde lyk anderste as die wêreld se liefde. God het sy Seun nie gespaar nie, maar vir ons gegee omdat Hy vir elkeen van ons lief is. Mag ons in hierdie tyd oor God se liefde, deur sy Seun en die Kruisiging, reflekteer en daaroor na-dink.

Posted in Jeug, Uncategorised | Leave a comment

Ds Gideon Preek 10/04/2020

Ons kortste geloofsbelydenis: God is vir ons, wie kan dan teen ons wees! Ons roep dit uit in hierdie tyd van afsondering, dit word die fondament van ons geloofslewe in tye van nood.

 

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Ds Gideon Preek 05/04/2020

Afsondering dwing ons in ‘n private lewe in, wie is ek wanneer ek alleen is. Dit wys my karakter. Daar mag egter nie ‘n verskil wees tussen die mens in afsondering en die een in die openbaar nie!

 

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Ds Gideon Preek 29/03/2020

Die Here se seën word oor u uitgespreek. Die woord kom na ons uit Markus 14, Psalm 30 en Filippense 4. Omgeekerk Sondag 29 Maart 2020. Die een is ‘n net ‘n stem opname, dit gebruik min data. Die tweede is ‘n skakel na ‘n youtube video. Bly bid vir ons mense in die tyd. Groete in Christus, Ds Gideon.

Kliek gerus op die onderstaande skakel en kyk na Ds Gideon se boodskap vir ons.

 

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Ds Gideon se preek 22/03/2020

Maak seker u klank is aan op rekenaar of op Cel foon om te luister

Posted in Uncategorised | Leave a comment

Aankondiger 22/3/2020

Aankondiger 2020-03-22

Posted in Uncategorised | Leave a comment