Masks for the Frontline

Omgee-Kerk en Doxa Deo Lyttelton Noord stel aan jou Masks for the Frontline voor. Masks for the Frontline, is ‘n COVID-19 masker projek. Jy word hiermee uitgenooi om te help maskers maak, ten einde die virus te beveg en verdere verspreiding van die virus te bekamp. Die maskers sal binne die gemeenskap van Lyttelton uitgedeel en versprei word.

Maak saam ‘n verskil in die gemeenskap  en bied jou hulp aan!

Hoe werk dit? Daar is 4 stappe hoe jy betrokke kan raak:

  • Kry die materiaal en die patroon en maak die maskers.

Indien jy nie materiaal het nie, kan jy by Adel materiaal kry. ‘n Uitgewerkte patroon, wat kan help vir die maak van die maskers, is reeds beskikbaar. Die patroon kan op die sosiale media platforms en op NG Kerk Lyttelton-Noordse webtuiste gevind word. Adel sal ook die patroon kan voorsien. Haar kontak nommer is:Adel Klerck: 076 890 0823

  •  Gebruik jou eie materiaal en maak maskers.

Katoenmateriaal kan gebruik word om die maskers mee te maak. Vir die rek van die maskers kan gewone broek rek gebruik word. Die rek kan by Dischem gekoop word. Materiaal skenkings sal baie waardeer word en kan by Adel afgelaai word. Sien kontaknommer hierbo.

  • Laai die voltooide maskers af.

Die maskers kan by drie plekke, insluitend winkelsentrums, afgelaai word. Plakkate wat aandui waar dit afgelaai kan word,sal by gekose winkelsentrums beskikbaar wees. Om fisiese kontak te voorkom, is voorlopig drie plekke geïdentifiseer waar die maskers afgelaai kan word. Die maskers kan in kratte by die volgende plekke ingegooi word:

  • Adel Klerck: 076 890 0823
  • Engen Petrolstasie, Hoek van Jean-& Rabiestraat, Lyttelton
  • Highlands Spar, Hoek van Glover-& Rabiestraat

 

 

  • Finansiële donasies vir materiaal is ook welkom.

Gebruik die volgende bankbesonderhede vir donasies.

NG Gemeente Lyttelton-Noord

FNB Centurion

Takkode: 261550

Rekening: 62784389796

Verwysing: Maskers

 

Vir enige verdere vrae kontak asb. vir Adel.

This entry was posted in Uncategorised. Bookmark the permalink.